top of page

ONS STORIE

​Sy Storie

Ek het vir Heleen baie op skool gesien. Sy het vir my die mooiste bene gehad,  haar bynaam op my Mxit was "bene".

Ek het my beste probeer, maar sy wou niks van my weet nie.

 

Apie het in 2011 saam my begin werk by GKL Ouditeure. Dit het ou vure weer aangesteek, ek het weereens my beste probeer, maar sy wou nog steeds nie byt nie.

​Ek het vir 2 jaar lank alles in my vermoë gedoen om haar aandag te kry, maar geen reaksie ontvang nie.

 

Op 11 Mei 2013 het dinge interessant geraak. Sy het ingeleen om my te soen en ek het my wang gedraai. Ek dink Heleen het daardie dag besef as sy my nie nou vat nie gaan sy my verloor.

Sy het verander in die jagter en na vele pogings van haar af, het ek uiteindelik ingegee. 

Haar Storie

Ek weet van Berto af van my Hoërskool jare natuurlik omdat hy en my broer (Jaco) in dieselfde graad was. Ek het natuurlik nie baie van sy graad gehou nie, kan nie eers onthou hoekom nie. So ek het my nie regtig aan hulle gesteur nie.

 

Na skool het ek by GKL Ouditeure begin werk en Berto het ook daar gewerk. Hy moes my natuurlik leer skole doen. Ek het later maar geleer om eerder self op my eie aan te gaan, want geduld was nou nie een van sy sterkpunte nie.  

 

Ons moes altyd Vrydae bokse reg gemaak. Berto het dit natuurlik nie baie daarvan gehou nie en hom vererg vir my…… en tot my redding is daar nog iemand aangestel so gelukkig hoef hy my nie meer te gehelp het nie.

 

Ek het my toe nie juis veel aan hom gesteur nie. Hy het hard gevry terwyl ek 'n kêrel gehad het.

Ek en my kêrel was uit en hy het nogsteeds hard gevry. Ek het nie toe nie veel belang gestel nie, tot ek uitgevind het ek is nie die enigste een waarna hy vry by die werk nie.

 

Dis toe dat ek besluit het om plan te maak en hom my kêrel te maak. En so het ons lewenspaadjie

saam begin.....

bottom of page